Liewe gemeente,


Ek wil hierdie week afsluit waar ons begin het, met die oproep in die Ou Testament na reg en geregtigheid. Ons het hierdie reg en geregtigheid van nader beskryf as naasteliefde, en dit verder ingekleur. Hierdie oproep tot naasteliefde was nié uit vrees of wet nie, maar uit `n begeerte om op te bou en om heel te maak. Nou verstaan ons Jesus se optrede tenoor die skrifgeleerdes en die kerkmense van sy tyd. Hulle het hierdie mooi tempel gehad, maar géén naasteliefde nie. Jesus het op `n keer die duiweverkopers en geldwisselaars se tafels omgegooi om `n uitspraak teen die hele tempel-bedryf te maak. Jesus se frustrasie is dieselfde as die profete van die Ou Testament. Hulle het die liefdeloosheid elke dag anskou, en nou die mense opgeroep om in liefde te leef, en reg en geregtigheid teenoor mekaar te bewys. Paulus reduseer ons hele verhoudig met God tot naasteliefde in Romeine 13. Mag ons altyd onthou dat ons roeping, en die kerk se missie, daaruit voortvloei.


Groete

Ds Johan

Comments

Popular posts from this blog