GEDAGTE VIR DIE DAG
WOENSDAG 4 NOVEMBER
Job 4:1-21
Mense in pyn; moet ons ondersteun, of verduidelik?
In Job 3 stort Job sy smart en frustrasie voor God uit: Waarom? Waarom juis ek, wat U my lewe lank gedien het? Die eerste van Job se drie vriende besluit dit is nou tyd om met Job te praat. Of hy die regte aanslag gebruik, is ek nie seker nie. Wat Job waarskynlik nodig het, is iemand wat gewoon net sy pyn en swaarkry met hom kan deel, wat iets verstaan van sy frustrasie met God. Elifas kom egter met 'n tipe verwyt. Job, jy is die een wat soveel ander mense in die verlede gehelp en ondersteun het; hoe is dit nou moontlik dat jy op moedverloor se vlakte sit? Wat beteken die feit dat jy God al die jare gedien het nou vir jou? Asof dit nie genoeg is nie, impliseer Elifas verder dat Job nie moet dink dat hy so onskuldig is nie, asof hy nooit iets verkeerds teenoor God gedoen het nie. "Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van die Here?", is die vraag wat Elifas aan Job rig. Hierdie soort "trooswoorde" is die laaste ding wat Job nodig het. Hy het behoefte aan iemand wat verstaan, nie iemand wat probeer verduidelik nie. Ek en jy kan hieruit leer: mense in pyn het ondersteuning nodig, nie menslike verduidelikings nie.
Liewe gemeente, Ek kry nooit regtig kans om my kat dop te hou nie. Gewoontlik kom ek laat in die middae by die huis, en sodoende het ek geen manier om te weet hoe sy dag benader nie. Nou het ek egter baie tyd, en ek staan verstom oor sy erg roetine-gedrewe dag program. Hy loop elke dag die selfde paaie, en ek kry hom sekere tye van die dag op spesifieke plekke in die tuin. Hy is só stiptelik in sy program dat ek my horlosie volgens hom kan instel. Ek besef al hoe meer hoe die inperkingstyd my óók gedwing het om `n strenger roetine te volg. `n Groot deel van die dag bestaan uit skoolwerk. Dan is daar dagstukkie skryf, kosmaak, preke skryf en navorsing. Ek kry selfs meer tyd om baie meer gestruktureerd geestelike boeke te lees. Boonop kry ek tyd vir meer geordende stiltetyd. Dit het my laat dink... Jare terug het Gordon MacDonald `n boek gepubliseer wat in Afrikaans vertaal is met "` n Tyd vir Orde" . MacDonald het in dié boek beklemtoo...
Comments
Post a Comment