GEDAGTE VIR DIE DAG

DINSDAG 3 NOVEMBER


Job 3:16-26

Waarom? Waarom? Waarom?


Job worstel met presies dieselfde vraag waarmee ons dikwels in die lewe worstel. Waarom laat God dit of dat met my gebeur? Het ek dan iets verkeerds gedoen? "Waarom moes God dan die lewenslig gee aan 'n man wat net swaarkry … ?", skree Job dit as't ware uit. In Job 1:10 staan daar dat God Job beskerm het en hom voorspoedig in alles gemaak het. Job beleef egter tans niks daarvan nie, daar is "vir hom geen pad vorentoe nie". Is dit die punt waar Job God finaal uit sy lewe dryf? Ons moet versigtig wees om so 'n afleiding te maak. Die sleutel tot die verstaan van Job se optrede lê juis in die feit dat hy steeds met God in gesprek is. Dit is waar, hy daag God uit om vir hom antwoorde te gee, maar hy sny nie sy verhouding met God af nie. Hy maak daarop staat dat die God wat hy al die jare aanbid het, hom sal antwoord. Hy is nie bereid om te aanvaar dat God hom vergeet of verlaat het nie. Daarom worstel hy met God. Job kry nie onmiddelik 'n antwoord nie, want die tyd daarvoor is nog nie reg nie. Ek en jy mag met God in gesprek tree, ja selfs worstel, oor die pad wat Hy met ons loop.

Comments

Popular posts from this blog