Ek lees `n meesleurende
artikel (What W.H. Auden taught me about Easter, God and surviving a
season of Covid-19:
https://edition.cnn.com/2020/04/09/opinions/easter-coronavirus-wh-auden-parini/index.html)
deur Jay Parini, `n digter en skrywer. Hy vertel dat hy oor die
Paasnaweek teruggedink het aan `n insident wat 50 jaar terug
plaasgevind het. Hy het as `n student by Oxford Unversiteit `n
paniekaanval gekry. Terwyl hy natgesweet en verward op `n bankie op
die kampus sit, kom die digter W.H Auden daar verby hy vra wat is
fout. Uiteindelik nooi hy Parini na sy woonstel, gooi vir hom `n
drankie in en noem dat hy in sy lewe twe dinge geleer wat hom elke
dag dra. Die eerste is dat tyd nie bestaan nie. Auden verwys na
Johannesevangelie se eerste hoofstuk waar Jesus (die Woord) al voor
die skepping bestaan het. Dit beteken dat die hede,verlede,toekoms
nie regtig bestaan nie. Tyd is noú.
Auden se tweede stukkie raad is"Rest
in God". Parini
vertel dat hy jare ná
die insident die diepte van hierdie woorde begryp het. Ek dink
veral aan die “Rus in God' gedagte. Ons kry veral in Deuteronomium
en Josua die begrip dat God Israel gehelp het teen die vyande en dat
hulle nou sal "rus
van hulle vyande”. Rus het dan te make met vrede ná
oorwinning. Raak rustig, kry vrede in jou hart. God het
oorwin.
Parini eindig sy artikel
met die woorde"
Resurrection thinking has never seemed more relevant".
Ons het hierdie naweek iets beleef van die feit dat die opstanding
alles moontlik maak. Die idee van die opstanding het generasies van
gelowiges gehelp om sin te maak van die hiér
en die noú. Jesus het
die dood oorwin, en daarom kan ons bly hoop in tye van duisternis.
Die opstanding van Jesus is nie maar net `n geloofbelydenis of
selfs`n histories feit nie. Dit is iets wat my denke, my gemoed en
lewe elke dag bepaal.
Mag julle vrede en hoop
beleef in hierdie tyd.
Ds Johan
Baie dankie dominee, dit het vir ons baie beteken
ReplyDelete