Ek lees `n meesleurende artikel (What W.H. Auden taught me about Easter, God and surviving a season of Covid-19: https://edition.cnn.com/2020/04/09/opinions/easter-coronavirus-wh-auden-parini/index.html) deur Jay Parini, `n digter en skrywer. Hy vertel dat hy oor die Paasnaweek teruggedink het aan `n insident wat 50 jaar terug plaasgevind het. Hy het as `n student by Oxford Unversiteit `n paniekaanval gekry. Terwyl hy natgesweet en verward op `n bankie op die kampus sit, kom die digter W.H Auden daar verby hy vra wat is fout. Uiteindelik nooi hy Parini na sy woonstel, gooi vir hom `n drankie in en noem dat hy in sy lewe twe dinge geleer wat hom elke dag dra. Die eerste is dat tyd nie bestaan nie. Auden verwys na Johannesevangelie se eerste hoofstuk waar Jesus (die Woord) al voor die skepping bestaan het. Dit beteken dat die hede,verlede,toekoms nie regtig bestaan nie. Tyd is noú. Auden se tweede stukkie raad is"Rest in God". Parini vertel dat hy jare ná die insident die diepte van hierdie woorde begryp het. Ek dink veral aan die “Rus in God' gedagte. Ons kry veral in Deuteronomium en Josua die begrip dat God Israel gehelp het teen die vyande en dat hulle nou sal "rus van hulle vyande”. Rus het dan te make met vrede ná oorwinning. Raak rustig, kry vrede in jou hart. God het oorwin.

Parini eindig sy artikel met die woorde" Resurrection thinking has never seemed more relevant". Ons het hierdie naweek iets beleef van die feit dat die opstanding alles moontlik maak. Die idee van die opstanding het generasies van gelowiges gehelp om sin te maak van die hiér en die noú. Jesus het die dood oorwin, en daarom kan ons bly hoop in tye van duisternis. Die opstanding van Jesus is nie maar net `n geloofbelydenis of selfs`n histories feit nie. Dit is iets wat my denke, my gemoed en lewe elke dag bepaal.

Mag julle vrede en hoop beleef in hierdie tyd.
Ds Johan

Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog