Liewe gemeente,
Ek deel vandag weer `n kort gedagte oor die hemelvaart, tesame met `n vooruitskouing na Pinkster. Ek wil eers bietjie kyk na `n bekende kunswerk van Hans Süss von Kulmbach getiteld "The Ascension of Christ"(oftewel,"Christi Himmelfahrt").
Ek deel vandag weer `n kort gedagte oor die hemelvaart, tesame met `n vooruitskouing na Pinkster. Ek wil eers bietjie kyk na `n bekende kunswerk van Hans Süss von Kulmbach getiteld "The Ascension of Christ"(oftewel,"Christi Himmelfahrt").
Hierdie
kunswerk is uniek deurdat dit op Jesus se voete fokus. Hierdie
kunswerk is vir my `n voorbeeld van hoe eng ons die hemelvaart kan
beskou. Jesus is wég. Hy het uit ons sig verdwyn. Net sy voete is
nog sigbaar, en binnekort is dit óók weg. Net die toeskouers bly
oor. Gister het ons juis stilgestaan by die feit dat Jesus nie weg is
nie, maar dat Hy nader gekom het. Ek wil op twee tekste fokus om dit
te illustreer.
Romeine
8:11 lees: "Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die
dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood
opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat
in julle woon". Efesiërs 1:19-20 brei uit op hierdie
gedagte: "en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in
ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy
uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die
hemel aan sy regterhand laat sit het".
Beide
hierdie tekste illustreer die feit dat God sy werk in ons voortsit.
Nog méér as dit: Hy rus ons toe deur sy Gees om die werk te doen.
Die krag wat Hy vir ons skenk is groter as enigiets wat ons ken (lees
weer die bostaande tekste!).
Terug
by die kunswerk. Ek beleef hartseer deur Jesus se voete te sien. Dit
simboliseer dat die voete wat die stofpaaie van Galilea geloop het om
mense te leer, en wat die tempelgronde ingestap het om die priesters
uit hulle gemaksone te ruk, nou wég is. Die volledige boodskap van
Pinkster maak my egter bly. Die voete is nié weg nie, Óns is nou
die voete wat die werk moet voortsit.
Mag
ons dit nooit vergeet nie.
Groete
en liefde
Ds
Johan

Baie dankie dominees Geerie en Johan, vir die besielende boodskappe wat ons aan die gang hou. Mag ons gou weer in ons kerk kan aanbid. Mag ons Vader julle seën
ReplyDelete